Jules Bianchi | |
---|---|
Bianchi by die 2012 Nürburgring World Series-ren
| |
Geboortedatum | 3 Augustus 1989 |
Geboorteplek | Nice, Frankryk |
Sterfte | 17 Julie 2015 (op 25) Nice, Frankryk |
Volle naam | Jules Lucien André Bianchi |
Nasionaliteit | Fransman |
Aktiewe jare | 2013-2014 |
Ou span(ne) | Marussia |
Inskrywings | 34 (34 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 0 |
Loopbaanpunte | 2 |
Voorste wegspronge | 0 |
Vinnigste rondtes | 0 |
Eerste F1-wedren | 2013 Australiese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2014 Japannese Grand Prix |
Jules Lucien André Bianchi (* 3 Augustus 1989, † 17 Julie 2015, Nice, Frankryk) was 'n jong Franse motorrenjaer wat vir die Marussia F1-span in die FIA Formule Een-wêreldkampioenskap gejaag het.
Bianchi het voorheen aan Formule Renault 3.5, GP2 en Formule Drie deelgeneem en was ook 'n Ferrari bestuurdersakademielid. Hy het in 2012 in Formule Een begin as 'n toetsbestuurder vir Sahara Force India. In 2013 het hy sy debuut gemaak vir Marussia met 'n 15de plek in sy eerste ren in Australië en sluit die seisoen af in 19de posisie, sonder enige punte. Sy beste vertoning in daardie jaar was 13de in die 2013 Maleisiese Grand Prix. In Oktober 2013 het die span bevestig dat hy weer vir die span die volgende seisoen sou jaag. In die 2014-seisoen 2014 behaal hy beide sy en die Marussia-span se eerste punte in Formule Een tydens die 2014 Monaco Grand Prix.[1]